114 Kendal Road,
Eversdal, Durbanville,
South Africa
Tel. +27 (0)21 975 1744
Fax: + 27 (0)86 570 4836

facebook-like

*We freight & courier Worldwide!*

 

Maree, Aviva

Aviva Maree skep stories van eenvoudige vroue, geklee in plooiende rompe en geknoopte kopdoeke, elkeen trots besig om haar dagtaak te verrig. Saam pluk hulle blomme of vrugte, krap vis, stop nette en smous hul ware op die sypaadjie. Hulle maak praatjies en planne, neurie n deuntjie of drentel sommer net. Hulle is gelukkig en is tevrede met hul karige deel van die lewe. 

Kenmerkend van Aviva se werk is haar kleurpalet. Dit bestaan uit gedempte skakerings en subtiele kontraste. Sy beplan elke komposisie noukeurig om die kyker se aandag te boei. Met lyn, vorm en kleur, laat sy die kyker toe om tydsaam deur die toneel te beweeg en ontdekkings te maak: ‘n kind met ‘n bal, ‘n voel wat pik of ‘n blom wat die emmer gemis het. 

Aviva span die ondervinding wat sy oor drie dekades in ander mediums opgedoen het, in om olieverf skilderye te skep met mensgebonde temas, van straat- en strandtonele, plaaslandskappe en bootwerwe tot tonele binnenshuis en stillewes.

Haar filosofie “eenvoudig lewe is ‘n kuns”, help haar om kuns te skep waarby baie kopers aanklank vind.